Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Chopin

Die klanke uit jou musiek genees my gees.
Dit laat my voel of ek 'n deel daarvan kan wees.
Skarrelende vingers vertel 'n storie uit sy eie tyd.
Van saligheid, opwinding, hartseer en stryd.

Hoe lank het dit jou gevat om die musiek te skryf?
Hoeveel nagte het jy gaan inkruip met 'n seer lyf?
Hoe is dit moontlik dat iemand so talentvol kan wees?
As ek net probeer om jou musiek te speel, word die klanke hees.

Ongelooflike tegnieke, kennis, passie en gevoel het jy toegepas.
Die vinnige bewegings en teorieë is uit 'n ander klas.
Sodra ek sit om dit te speel, klink dit na 'n walglike ding,
maar wanneer ek daarna luister, maak alles weer sin.

Jy het jou musiek nie net gespeel nie, maar ook komponeer.
Die voorred wat ek het om daarna te kan luister, is vir my 'n groot eer.
Ek hoop dat ek eendag 'n bietjie van jou talente kan steel
om jou 'n eer aan te doen, deur dit net so mooi te speel.

~Danél Oertel


Daar was vandag 1 visitors (1 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free