Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

My Kind

Jy is dierbaar my kind.
Jou skaterlag-ogies is in my hart ingebrand.
Jou glimlag is die heuning in my lewe.
Jy is awesome, my liefste kind.

Jy is 'n pragtige mens my kind.
Al trap jy grond in my mat.
Al teken jy prentjies teen die muur.
Jy is stunning, my liefste kind.

Saam speel ons rondomtalie 
Kaalvoet op die gras klink jou gelag.
Jou hande is bruim.  Ons het modderkoekies gebak.
Ek en jy, my liefste kind.

Alles wat ek doen amuseer jou
en dan kyk jy my groot-oog aan.
Ek wonder waaraan jy dink.
Ek dink net aan jou, my liefste kind.

Jy het die mooiste hart my kind.
So suiwer en rein en goed.
Die alarm skree.  Opstaan tyd.
Waar is jy?  Waar is jy?
My droom kind.

~Danél Oertel




Daar was vandag 1 visitors (5 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free