Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Potlode en Penne

Net soos 'n potlood en pen 'n merk op papier los,

los my dade 'n merk in my lewe.

'n Potlood se merk kan ek uitvee.  Dit is mos.

Maar 'n pen los 'n EWIGE merk, en dit laat my bewe.

 

Dis asof die potlood na goeie dade verwys.

Dit word maklik uitgevee, vergeet.  So vinnig.

'n Pen hou al my sondes en slegte inkluis.

Almal weet.  Dit kan nie verdwyn.  Dis vir ewig.

 

Hoe kry jy die pen se merke weg??

Hoe laat jy dit verdwyn?

Ek hou nie van die pen nie.  Ek soek die merke weg,

sodat my potlood se kontraste kan deurskyn.

 

My Pen se merke is soos diep snye op my lyf ingekerf.

Dit sal nie verwyn nie. Dis 'n gevaarlike ding.

Ek hoop dat my potlood deur die merke kan swerf.

En 'n pragtige skildery te voorskyn bring.

~Danél Oertel


Daar was vandag 1 visitors (2 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free