Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Te jonk vir liefde

Dit is trane wat by my oe uitval
En in my mond, ‘n smaak van bitter gal.
Die pyn wat ek voel, kan ek nie vergeet
En dit wat jy aan my doen, nie ontleed.

Maak nie saak hoe hard ek probeer
Om die woede en pyn te keer,
Jou gesig is al wat ek onthou
En my hart is gebreek en rou.

My hart is in stukke gesny
En steeds bly die trane by my wang afgly.
Vanaand kan ek net nie vergeet.
Ek probeer, maar dis tervegeefs.

Ek het op jou staat gemaak
En gehoop my elendige liefde sou jou raak,
Maar ek maak vir jou nie meer saak
En ek het niks daarby gebaat.

Miskien is dit soos die mense sê,
Dat ek te jonk is vir liefde om in te lê,
Dat ek net smart sal vind
En nie een om my lewe mee te bind.

Ek vra dat God my sal help en ondersteun
En so bietjie van sy liefde vir my sal leen,
En ek vra dat hy my sal veilig hou
En my geloof in Hom nie sal berou.

~Danél Oertel


Daar was vandag 1 visitors (1 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free