Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Kroegvlieg

Jy sit met jou stukkende hemp in die bar

en vra of is die stories waar.

Jy order vir jou ‘n brandy en Coke

terwyl jou sigaret tussen jou lippe soak.

 

Jy was gister alweer so vallende dronk 

en almal praat oor jou attitude in die tronk.

Jy het ‘n vreeslike humeur gehad

en vir ou Ben stukkend op die teer gelaat.

 

Jou kar staan nog by Jan se vrou. 

Ek hoop jy weet: Jan gaan jou dubbel vou.

Die hele dorp hat al teen jou gedraai

en as die mans jou sien, wil hulle hul gewere laai.

 

Jy sê jou dop is heeltemal te flou. 

Ek moet ‘n dubbel gooi en jy soek hom nou.

Die noot wat jy neergooi is vuil en geskeur.

Waar het jy tog jou maniere geleer?

 

Jy stink na garlic en sweet 

en jy snork as jy die peanuts eet.

“Nog ‘n dop sussie! Bring dit gou!

Gooi baie ys soos ek daarvan hou.”

~Danél Oertel



Daar was vandag 1 visitors (1 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free