Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Sprokiesland

Elke oggend word ek wakker in ‘n sprokiesland.

as die son oor die berg breek soos ‘n diamant.

Die duiwe koer sagtens buite die ruit

en soms waai daar ‘n briesie as ek die deur oopsluit.

 

Die blomme strek hulle blare wyd 

en draai hul gesiggies om na die son te kyk.

Terwyl ek stap hoor ek die geluide, en ek luister

na die woorde wat die wind in my oor fluister.

 

Die berge begin in die na-middag bloos 

as die son dit flei en die maan dit troos.

Dan sit ek op my stoep met ‘n koppie tee,

want ek weet, more begin die sprokie weer.

~Danél Oertel

.
Die dorpie waarvan ek praat is Lady Grey in die Noord Oos Kaap.


Daar was vandag 3 visitors (16 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free