Like a Sunflower in Summer
voel ek nou soos 'n stunner.
My high-heels steek verby my ore
en die lewe daar buite is vir my beskore.
My hairs is geblow en gespray
en 'n oulike outjie wag vir my.
Nog net bietjie lipstick en perfume
en dan kan ek hom maar warm soen.
Ma het vir my 'n sexy nommertjie gekoop
en ek het pa se Credit Cards behoorlik gestroop.
Almal chat al so lank oor vanaand.
Dit is die event van die Maand!
Die saal is stunning en alles is perfek.
My ou spuit freshner in sy bek.
Laat die Matriek-Afskeid begin!
Dankie Ma vir die cool ring.
~Danél Oertel