Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Rooikappie

Rooikappie se ma sê sy moet die goed vir haar Ouma in die bosse vat,

Want Ouma is baie siek en gaan deur die dag in ‘n lae rat.

In die mandjie is daar koekies en appels en baie vrugte sap

Wat Ouma sommer gou-gou weer sal laat regop stap.

 

In die bos het Rooikappie vir Wolf ontmoet

Wat agter die boom uitspring en haar dadelik groet.

“Ek praat nie met vreemdelinge nie.” Het sy gesê,

“Toe loop Wolf, gaan kry jou lê.”

 

“Maar waarheen is jy dan so huppelend oppad? 

Vir wie wil jy die swaar mandjie vat?

Laat ek saam jou loop en die mandjie vir jou dra, 

Want in die bos is baie gevare, maar dit weet jy seker klaar?” 

 

“Ek vat die mandjie vir my Ouma, sy is baie siek
Daar is eetgoed en drinkgoed en ook 'n lekker fliek."

“Stap hierdie pad, my kind, dan gaan jy gouer daar kom.”

Maar intussen loop die paadjie in ‘n sirkel, om en om.

 

Toe Rooikappie uiteindelik aan die deur van Ouma se huisie klop

Sien sy Ouma lyk heel anders.  Sy het ‘n ander kop.

Haar gesig is vol hare en haar neus is te lank.

Haar oë peul uit en haar asem het ‘n vreeslike stank.

 

“Hoekom is ouma se oë so groot?”

“Om jou beter te kan sien, my kind”

“Hoekom is Ouma se neus so groot?”

“Om beter te kan ruik, my kind”

“Hoekom is Ouma se mond so groot?”

Om jou op te eet!”

Wolf spring uit Ouma se nagjapon en jaag agter Rooikappie aan.

‘n Skoot klap en Wolf val dood op die vloer.  Rooikappie is stom geslaan.

‘n Jagter kom by die venster ingespring en vra of is sy okay.

Hy kry Ouma vasgebind in ‘n kas.  Nou is almal weer bly.

~Danél Oertel



Daar was vandag 1 visitors (9 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free