Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Droogte in my Siel...

Die trane wat by my wang afgly,
is nie van droogte nie, maar van pyn.
‘n Nuwe soort pyn wat nut is vir my
en wat na my hart se punt toe lei.

Die seer wat my oorvloed
gee my dalk weer nuwe moed,
want my siel is rustig en stil
Dit is net die trane wat by my oë kom brul.

Soos ek die dag bekyk
lyk alles so dof en gebleik.
Die son is weg, maar dit wil nie reën
Mag God my en dié dorpie seen
met geluk en vrede.
Dit wat deel was van die verlede.

Alhoewel die blomme ‘n pragtige indruk skep
is ons menslike siele nog nie gered
en maak die satan van die oomblik gebruik
om ons te verneder en te gebruik.

Die trane in my oë droog nou op…
en ek bid dat God dit op die dorpie sal stort.
In hierdie elende wil niemand meer wees
So God, asseblief, vul ons met goeie gees?.

~Danél Oertel

Die dorpie waarvan ek praat is Lady Grey in die Noord Oos Kaap.  Dit was gedurende 'n droë winter.
www.ladygrey.co.za


Daar was vandag 1 visitors (7 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free