Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Plekkie in my hart

Jy weet jy het 'n plekkie in my hart.
met bloedrooi rose omring
en sagte groen gras met 'n liefdesbankie
en voëltjies wat sing.

Die plekkie in my hart is spesiaal net vir jou
So baie het ons saam gedeel
Jy was deel van my lewe
Jy is deel van my.

Nes almal soek ek ook maar net geluk.
Ek het dit by jou gesoek, maar kon dit nie vind.
Nou sit ek met die seer en verlange na jou
En ons drome saam oor huis en kind.

Jy sal altyd spesiaal wees vir my.
Al maak die alleen wees ons so seer.
Dinge is net nie meer dieselfde nie.
Die toekoms sal ons leer.

~Danél Oertel

 

 

 

 


Daar was vandag 3 visitors (8 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free