Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Sneeu

Vroeg-vroeg uit die bed uit opspring
Maak die gordyne oop en skreeu!
Spring op die bed van opwinding.
Dit sneeu, dit sneeu, dit SNEEU!!
 
'n Ketel op die gasstoof begin fluit
Die kaggel vuur brand en spat
Die sneeu val kort-kort teen die ruit
Ek gaan nou in die sneeu stap.
 
Met mussie en handskoene aan,
Jas en kamera gereed.
Bietjie koffie voor ek gaan.
Ek kan later eet.
 
Die pad deur die bome is sprokies mooi.
Die sneeu le dik en wit.
Sagtens word die wit oor die land gestrooi,
As dit nie so koud was nie, het ek net hier kom sit!
 
As ek doodstil staan, hoor ek hoe dit val.
Ophou asem haal en diep luister.
Ek hoor niks anders as 'n sagte knal.
Dit is hoe dit fluister.
 
Die koue voel ek nie meer,
'N bruilof speel voor my af.
Die opwinding is heeltemal in beheer.
Terug huis toe. Die koue maak my laf.

~Danél Oertel
 

Daar was vandag 1 visitors (10 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free