Vanaand mis ek jou ekstra veel.
Ek kan nie slaap nie. Jy't my drome kom steel.
Jou gesiggie bly voor my verskyn.
En al die gebeure en gebede net voor jy verdwyn.
Soveel vrae bly heeltyd by my.
Hoekom so vinnig? Hoekom jy?
Waars jy nou en hoekom moes jy gaan?
Jy was dan my katjie van die baan!?
My liewe Tier, jy was super spesiaal.
Jou persoonlikheid was radikaal.
As jy aandag wou hê, het jy dit sommer self kom vat.
Jy was alles behalwe 'n doodgewone kat.
Goodbye Tiger. Goodbye.
My hart is seer. Bye-bye.
Vir altyd sal ons jou onthou.
Net soos ek weet jy ons ook sou.
~Danél Oertel