Die mense, of eerder kennisse van vandag
Het vergeet hoe om in liefde te lag.
Dit is vir my hartseer om te weet
Dat hulle die Lig van die wereld vergeet.
Nog voordat ons die dag bekyk,
Het ons die geluk reeds uitgestryk.
Ons sien nie meer die mooi van die lewe raak
En die pragtige wêreld maak nie meer saak.
Dit is asof die wereld ‘n drama stuk speel
Die bome, die wind en voeltjies met geel.
Hulle roep ons elke dag op
Om dankie te se vir onse God.
Maar ons as mens sien dit nie meer raak.
Die besigheid is mos al wat saak maak.
~Danél Oertel