Op en af en heen en weer
Begin jou vingers my liggies streel.
Jy begin liggies, stadig en sag
En bou harder na die klimaks, met alle mag.
Jy beheer my, ek is jou slaaf.
Nou speel jy hoër, ‘n hele Oktaaf.
Swart en wit note word deur jou vingers beken.
Jou vingers harloop oor my in ‘n wedren.
Jou geluide is so helder, so soet.
Ek beheer die lengte van jou geluide, met my voet.
So baie legends het jou al bemeester
En adelike gehore met jou klanke begeester.
Die mooiste geluide kan ek uit jou voortbring.
Jy maak dat ek wil saam sing.
My vingers ken die paadjie wat hulle moet stap.
Ek trap jou pedale nou en dan plat.
Saam laat ons Rondo A’la Turca bestaan.
Speel mooi, en Helmut kom sing saam.
Met kruise en molle het Mozart dit opgetower
En talle meisies se harte met dit verower.
Ek is dankbaar dat ek my gevoelens met jou kan deel
En soggens of saans op jou kan speel.
Richard Clyderman het jou ook net so vreelik geniet.
O, liewe klavier, gaan tog nooit tot niet.
~Danél Oertel