Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Dankbaar

Ek het baie meer as wat ek verdien.
God het my oë gegee om dit te kan sien.
Musiek van baie lank terug het vir my gespaar gebly.
Met vingers wat dit kan speel en ore om dit te hoor, is ek vry.

Altwee my ouers het ek nog by my.
Met alles wat ek wil doen, bly hul aan my sy.
My pa leer my van navorsing en kennis.
My ma wys my, ons is almal wenner.

Behalwe dat ek met twee wonderlike ouers geseën is,
het ek ook nog my oupa en ouma, albei vol deernis.
Vir my is oupa die intellegentste man onder die son.
My ouma is kreatief en kunstig.  Sy is my blom.

Twee tantes en 'n oom is oog aan my gegee.
Hulle is my goedgesind en ek kan by hulle leer.
Met die vier mooiste niggies wat 'n mens kan hê
wil ek net vir die Vader dankie sê.

Daar is nog vele meer aan my gegee.
Deur liefde en seerkry leer ek van die wêreld se weë.
Ek is so gelukkig.  Vir my is daar altyd iemand daar.
Want bloed is dikker as water.  Dis waar.

~Danél Oertel


Daar was vandag 1 visitors (1 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free