Menu
Welkom
Dit dig nie, Maar dit rym
Die Grotvroutjie
Die Mense
Droogte in my Siel...
Klavier
Kroegvlieg
Mountain View Country Inn
Rooikappie
Rym
Te jonk vir liefde
Sprokiesland
Pornography
Plekkie in my hart
Chopin
Dankbaar
Tiger
Sneeu
Vir Jou
Jou Doring!
Potlode en Penne
'n Meisie se Matriek afskeid
My Kind
Trixie
 

Rym

Ek sit hier met 'n glas wyn
by die tafel en begin rym
oor die dinge wat aangaan in my kop
en oor die dinge wat 'n mens se hart laat klop.

Partykeer maak die woorde weer heel
en ander kere wil jy dit toevou en seel.
Soms wil jy dit met almal deel
en soms laat dit trane vasit in jou keel.

Ek wonder partykeer waar kom woorde vandaan;
wie het dit uitgedink en hoekom dit bestaan.
‘n Woord is net ‘n woord, dit is net ‘n ding
tog kan dit hartseer, ‘n glimlag of selfs geluk bring.

Een Woordjie kan maak of breek
en jy kan iemand daarmee in die rug steek.
As jy iemand dalk eendag vertou
kan hul self met woorde ‘n geheim hou.

Ek begin alhoemeer dink dat woorde lewe.
Die horlosie se dit is skuins na sewe.
Die wyn is nou ook amper klaar
en my woorde bevestig: dit is waar.

~Danél Oertel


Daar was vandag 1 visitors (10 hits) op die bladsy.
 
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free