Trixie, my hond
as jy eet, word jy skoon rond.
Jy is miskien oud en grys
maar glad nie wys.
Jy maak my partykeer so kwaad
dat ek heel van my gesig af raak,
maar jy is 'n gelukkie in my lewe
en dit is hoekom ek joy so gou vergewe.
Jy het saam my groot geword
en vang deesdae saam met my 'n stort.
Jy is 'n dierlike suster vir my
en ek voel jammer vir jou as jy so lei.
Jou tydjie is maar bitter kort
maar jy sal 'n goeie herhinnering word.
Jy het 'n plekkie in my hart gekry
en ek het jou lief gekry.
Danél Oertel